Welkom by ons nuwe webblad.
Met die oorskakeling kon daar dalk 'n fout ingesluip het met watter dagstukkie U wil ontvang.
Indien u dalk voorheen u keuse uitgeoefen het om nie meer 'n dagstukkie te ontvang nie, en u ontvang dit dalk nou, wil ek byvoorbaat verskoning vra.
ONDERAAN elke dagstukkie/nuusbrief is daar 'n opsie om u inskrywing te kanseleer.
Mag u slegs voospoed beleef in die nuwe jaar.
Groete
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Hier volg ook 'n skakel na ons ander besighede.
My Vox Comunication | My Safe ZA | Power ZA | My Vriend Webdienste
ONTHOU: U MOET REGISTREER / LOGIN OM DIE DAGSTUKKIES TE LEES
Hemelse Vader
Aan die begin van die nuwe jaar kom ons na U toe, die Almagtige en Alwyse, wat van die begin af ook die einde sien.
Voordat ons die nuwe, onbekende pad betree, moet ons eers bely dat ons alleen veilig sal wees as U met elke tree ons hand vashou.
As die pad voor ons donker lyk, laat ons in die lig van die geloof verder gaan. As te veel vir ons oog verborge is, laat ons getrou bly aan dit wat ons wel weet en sien. As ons nie ons bestemming in die verte kan bemerk nie, maak ons dankbaar vir die enkele treë wat ons wel kan sien.
As ons u wese nie kan begryp nie, laat ons kinderlik vertrouend aan u beloftes vashou. As dit ons soms aan geloof ontbreek, laat ons nooit die liefde en die hoop verloor nie en, Here, kom ons ongeloof tot hulp. As ons nie insig in u plan met ons lewe het nie, laat ons dit in gehoorsaamheid nie bevraagteken nie.
As ons hierdie jaar suksesvol is, hou ons dankbaar, nederig en ontnmoedig. As teleurstelling en mislukking op ons wag, bewaar ons van wanhoop. Of ons drome en ambisies bewaarheid word en of ons ideale tot as word in ons hande, dierbare Vader, omarm ons met u liefde en leer ons dat alles ten goede meewerk.
Maak ons blymoedige kinders van U in hierdie jaar.
Ons bid dit in die Naam van Hom wat deur sy dood dit vir ons moontlik gemaak het om die lewe te kies—Jesus Christus, ons lewende Here en Verlosser.
Amen
Kan dit wees dat miljoene Christene nog nooit die voorreg gehad het om ‘n eie Bybel te besit nie? Die vraag is, hoe kan jou geloof groei as jy nie ‘n Bybel besit nie? Bibles for Believers is ‘n dinamiese Organisasie wat die nood raakgesien het, en poog om hierdie leemte te vul deur gratis Bybels aan arm Christene in gemeentes in Suidelike Afrika-lande, en ook selfs Indië, te voorsien. Wêreldwyd wag miljoene al jare lank dat iemand hulle sal help om ‘n Bybel te bekom.