Kan dit wees dat miljoene Christene nog nooit die voorreg gehad het om ‘n eie Bybel te besit nie? Die vraag is, hoe kan jou geloof groei as jy nie ‘n Bybel besit nie? Bibles for Believers is ‘n dinamiese Organisasie wat die nood raakgesien het, en poog om hierdie leemte te vul deur gratis Bybels aan arm Christene in gemeentes in Suidelike Afrika-lande, en ook selfs Indië, te voorsien. Wêreldwyd wag miljoene al jare lank dat iemand hulle sal help om ‘n Bybel te bekom. Bibles for Believers wil u graag aan ons projekte bekendstel en vertel hoe Bibles for Believers met ons vennote landwyd, ‘n verskil maak. Ons wil u ook inlig oor die geleenthede om vanjaar ‘n Uitreik na ‘n Afrika-land by te woon. Ons nooi u vriendelik om die gratis Ontbyt-geleentheid om 08:800 vir 08:30 op Saterdag 10 Maart 2012 in die Willowbridge Barnyard by te woon. Ons verneem ook graag of u ‘n aantal sake-vriende kan nooi om saam met u aan die tafel te sit – gebruik gerus hierdie epos as uitnodiging. Kontak gerus vir André Warrenton indien jy die geleentheid kan bywoon. Sy selfoonnommer is 082 428 4160 en sy epos-adres is Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. "> Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. Dit is ’n gratis geleentheid, maar ons moet bevestiging hê van wie bywoon.Die Willowbridge Barnyard is aan die westekant van die Tygervallei Sentrum, bokant Woolworths in die Willowbridge Lifestyle Sentrum, Carl Cronje rylaan. Vriendelike groete, André Jooste en Bernice Radford Bibles 4 Believers berniceb4b@gmail.comandreb4b@gmail.com011">berniceb4b@gmail.comandreb4b@gmail.com011 955 1814 www.biblesforbelievers.org